Ons Gaan Trou!

Gerhard & Christine

Teken ons spesiale dag in jou kalender aan

7 Maart 2026

Ons Storie

Soms ontmoet jy iemand wat jou wêreld onverklaarbaar aanraak…
net stiller maak. Ons liefde het gegroei tussen staproetes in ons Skepper se wonderlike natuur, koffie kuiers, en kombuisoomblikke. Klein dinge wat saam iets oneindig mooi geword het.

Gerhard Snyman

Ek onthou dit soos gister…
Die senuweeagtige afwagting wat in my bors geklop het, die manier hoe die lig geval het op die sypaadjie buite haar ma se huis. Die deur het oopgegaan, en daar was sy. Die heelal het vir ‘n oomblik stilgestaan, en ek het geweet. Dit was nie net ‘n date nie; dit was die begin van my lewe soos dit bedoel was om te wees.

Van daardie dag af is my wêreld omgegooi vir die beter.
Dit was asof die lewe voorheen in swart-en-wit was, en sy het die kleurpalet ingebring. Alles het helderder geword, die lug het vars geruik, en elke uitdaging het skielik hanteerbaar gelyk, net omdat sy daar was.

Die laat aand kuier het verander in die diepste, mees intieme gesprekke, waar ons drome en vrese met mekaar gedeel het totdat die son begin opkom het. Daardie vroeg oggend koffies het die anker geword, die stil, kosbare oomblikke waar ons net saam kon wees in die stilte van die nuwe dag, sonder woorde.

Christine lé Hanie

Ons eerste afspraak was gemaklik en vol lag, en teen die tweede een (op die yskaatsbaan) het ons geweet ons is besig met iets spesiaals.

Van daar af het dinge net natuurlik gevloei; van staproetes, kampvure, en eindelose geselsies oor kos en koffie. In die kombuis is ons ’n span, al verskil ons oor hoe gaar ’n steak moet wees (Gerhard sê “medium rare”, ek sê dis nog half lewendig). Hy kook op gevoel, ek met ’n maatbeker. Hy bly kalm, ek freak uit oor die milliliter. Tog werk dit perfek.

Hy noem my tee “dirty leaf water”, maar ek drink dit steeds met trots. Ons lag baie, kook saam, droom saam – en ek weet ek trou met die een mens wat my altyd rustig kan maak, maak nie saak wat gebeur nie.

Ek sien jou in die klein goed, in die stiltes tussen woorde.

Riana Nel, “Hou Die Hemel Oop”

rose icon 01

Wat om te verwag

Ons wil hê jy moet ons spesiale dag saam met ons kom deel deur te kom lag, dans en feesvier. Hier is alles wat jy moet weet – van blyplek, ligging van die seremonie en onthaal, en wat om aan te trek. Ons het gedink aan alles – sodat jy dit net sorgvry kan geniet.

Akkommodasie

Ons waardeer dat julle die moeite doen om van vêr af te kom. Kontak gerus info@dullstroom.co.za om jou plek vroegtydig te reserveer.
Let wel: Daar is geen verblyf by Idullies beskikbaar nie.

Kinders

Hierdie partytjie kom met ‘n “geen kinders toegelaat” reël – nie omdat ons hulle nie liefhet nie, maar omdat Ouma ook ‘n bietjie wil dans!

Wat om te dra

Ons troue is ’n kombinasie van styl en gemak (Semi-formeel). Dames word aangemoedig om kleurvol en helder aan te trek. Manne gaan stof jou das af en trek hom aan. Sneakers word slegs op die dansvloer toegelaat. Gemak en ’n bietjie “glamour” is die sleutel.

Geskenke

Julle teenwoordigheid is die grootste geskenk – sou julle ‘n bydrae tot ons toekoms wil maak sal ons dit baie waardeer:
GC SNYMAN
Standard Bank
Rekeningnommer: 10 15 381 879 2

Metgeselle

Metgeselle word slegs toegelaat indien dit aangedui is op die uitnodiging.

Kos & Drank

Dit is vir ons ‘n voorreg om vir julle ‘n feesmaal voor te sit saam met Idullies se voortreflike span. Na die seremonie gaan julle ‘n heerlike "harvest" tafel geniet, waarna die hoofgereg, nagereg en koffie as 'n buffet bedien sal word. Sjampanje, wyn en water sal op die tafels beskikbaar wees. As jy egter nog dors is sal 'n kontantkroeg beskikbaar wees. Geen TABS word egter toegelaat nie.

Sal jy die troue kan bywoon?

Ons kan nie wag om hierdie spesiale dag met jou te deel nie! Laat weet ons asseblief of jy die dag saam met ons sal kom geniet. Jou RSVP help ons om alles perfek voor te berei – van stoele tot koek en koffie. Ons wens opreg dat jy deel kan wees van dit alles.

RSVP asseblief teen 30 Januarie 2026.

rose icon 01

Wanneer & Waar

Ons sien uit om jou by ons mooi dag te sien!

Die Seremonie

Die Onthaal

rose icon 01

Verlowingsfoto's

Onder die bloeisels van die Jakarandas het ons oomblikke gevind om vir altyd te koester. Kyk deur die pragtige foto's wat Picture Us vir ons vasgele het.